If you have any feedback on how we can make our new website better please do contact us. We would like to hear from you. 

N U U S B R I E F



THIART - THEART


 THEART / THIART - NUUS

(No. 1)

 

Beste (Liewe?) Vangenote en Familie,

Van kleintyd af het ek graag tande getel tydens familie uitlêery. Net een groot fout gemaak. Nooit iets neergeskryf nie!

Die doel van hierdie omsendbrief is tweeledig:

1. Om u wat weet van die navorsing, op hoogte te bring met my vordering.

2. Om te poog om samewerking te verkry sodat elke lewende en reeds gestorwe Thiart/Theart’s in ons geslagregister ingevoeg kan word.

Die volgende mense se finansiële bydraes het hierdie nuusbrief moontlik gemaak: Dr. H.J.F. Theart van Barberton, Chris en sy seun Leslie Thiart van Garsfontein, Pretoria, Prof. Frikkie Thiart van Voëlklip, Hermanus, G.J. Thiart van Erasmia, Pretoria (en my eie). Baie, baie dankie. Nog hulp sal waardeer word. Die navorsing self word alles op my eie koste gedoen.

‘n Besondere dankie aan Leslie Thiart vir sy pogings om met buitelandse vangenote kontak te maak en hulp met die afronding van die nuusbrief.

Om u ‘n idee te gee van geslagregisters, plaas ek myne hierin. Die lys van simbole en afkortings wat ek verstrek, word gewoonlik in geslagregisters gebruik.

 

Daarom groot ASSEBLIEF . . . . HELP!

 

Thinus (M.J.) Theart


Hoe kan jy/jul help?

Eerstens: Begin jou eie familie se inligting neerskryf. Ook - veral volle name, geb. dat. sterfdadums of -ouderdomme, plekke, ens

Tweedens: Maak afskrifte van die ingeslote vorm en voltooi vir elke persoon met afstammelinge.

Derdens: Skakel my asseblief en ek kom kuier of neem inligting af.

2

My Navorsing tot hier?

Dit het begin soos meeste ander mense s’n: Ons wil almal graag ons lyn tot by ons stamvader vasstel. Maar dan begin die skokke (ook myne):

1. Families onthou baie stories, maar min feite, bv. presiese name, geboortedatums, sterfdatums en ouderdomme. Oupas en Oumas is in baie gevalle dood "voordat ek my verstand gekry het." Myne voor my geboorte. Ek kry darem toe hul name en geboortedatums tussen oorle’ Pa en Ma se ou goed.

2. Die boeke met geslagregisters bevat inligting slegs tot 1830 en is dikwels vol foute.

3. Dit neem baie tyd om in die kerkregisters te soek. Boonop het mense nie altyd al hul name tydens hul huwelik en kinders se dope opgegee nie. Dikwels is name se volgorde verander of net noemname opgegee. Toe ek nie my oupagrootjie kon vind nie, besluit ek in 1993 om alle Theart/Thiart dope en huwelike uit die registers af te skryf. Eers in 1994 vind ek Oupagrootjie: Hy is gedoop Johannes Christiaan Petrus Boonzaaier Thiart, Getroud J.C.B.Thehart, maar by die doop van sy 9 kinders wissel dit tussen C.J.P.B.Th., C.J.P.Th, en C.J.B.Th..

4. Die sorteer van al hierdie inligting vanaf 1752 tot 1880 het my 3 jr. besig gehou. 1880 tot 1907 hou my nou al 1½ jr. besig en daar is nog baie probleme. Dis veral hier waar die lewendes se hulp van onskatbare waarde is.

5. Nou moet die lewendes help! Maar hul vertoon tot dusver traer as die dooies. Slegs ±12% reaksie op my briewe.

In 1994 het ek by die Genealogiese Genootskap aangesluit. Hier is almal se hoofstokperdjie: Familienavorsing en nogmaals Familienavorsing. En kort-voor-lank word dit ‘n lewenstaak! Ja, ‘n harde "job" waarvoor jy moet betaal uit jou eie sak!

Ons Stamvader

My eerste ontmoeting met hom is in die V.O.C. se inventaris vir 1752, tussen die soldate in die hospitaal, as Hendrik Tischaar, van Ruthweiler in Duits-Lotharinge. Blykbaar oor die grens gevlug vanaf Frankryk tydens die vervolging (of die oorloë in Europa het die grense verskuif). Daarna by die V.O.C. aangesluit. Hy het in 1760 Vryburger geword en gaan vestig in die omgewing waar Aurora vandag is. Sy eerste leningsplaas was blykbaar Klipfontein aan die Lange Vallei. Later het hy dit verlaat en Drommelvlei/Trommelvlei uitgeneem.

Getroud op 16 Januarie 1764 met Regina Elizabeth van Batavia. Hul het twee seuns en vier dogters gehad:

b1 Sophia Tiaar, = 22.1.1764; x 25.4.1779 Jacob Swart(z) van Pfalsburg.

b2 Maria Elizabeth Tiaar, = 22.1.1764; Blykbaar nooit getroud nie.

b3 Johan Hendrik Tiaar, = 6.1.1765; x 2.12.1787 Johanna Catharina Niemand

* ± 1770, + ±1800; xx 19.4.1801 Adriana Catharina Vermeulen * 9.9.1785

(d.v. Dirk Cornelis Vermeulen en Jacoba Johanna Landman)

b4 Jacob Tiaart ,= 12.11.1769; x 4.11.1798 Johanna Catharina Mostert * 10.11.1778

(d.v. Johannes Mostert & Alida Basson)

b5 Anna Catharina Elizabeth Thear, * ± 1771; x 9.3.1788 Johan Ernst Broens

(later Bruins) van Uchte in Hesse-Schaumburg

b6 Catharina Helena Tiaard , = 5.11.1775; x 18.5.1794 Frederik Brand * 26.4.1772

(s.v. Floris Brand en Belia Coetzee)

Voorblad

Die embleem is 'n voorbeeld van een van die familiewapens wat deur die "de Thiard's" in die 16 de eeu in Frankryk gebruik is. Dit word beskryf as: Drie goue krewe op 'n blou agtergrond.

 

 

3

Ons Van

Ongelukkig het die Hollanders geen idee gehad hoe om hierdie Fransman se van te skryf nie. Hy self het met ‘n X (kruisie) geteken, ook maar ongeletterd soos die meeste tydgenote. Waar ons van gedurende die volgende sestig jaar in kerklike en ander geskrifte voorkom, wissel die volgende spelwyses mekaar af:

TISCHAAR, TISCHAR, TEARS, TIAAR, TIAR, TIAARD, THEAR, TH’EAR, THEART, TIARS, TIAART, THIART, DISHARD, T’AART, TAARD, T’AARDT, THIARDT, TIEARD, T’AARD, THEARD, TIHART, TIARDT, THIEART, TIHARD, THIARD, TIATE, TIAT.

Die volgende ± sestig jaar kom die volgende ook nog by:

TIJART, TIYART, TIEJARD, THIHARD, THIHART, TIARD, TIART, TIARS, THISCAR, TIEHARD, THIAARD, THISJART, THISJARD, THEHART, THIJARD, THYHART, THIYARD, THEARDT.

Vir my is dit ‘n wonderwerk dat ons van vandag hoofsaaklik Theart en Thiart geskryf word. Is daar nóg skryfwyses vandag? Laat weet asb..

Beleef u dit ook dat slegs omtrent 10% van die mense in Vrystaat, Transvaal en Natal ons van, die eerste keer wanneer hul dit hoor, op een van hierdie twee wyses skryf?

Wie is almal ons familie?

Net soos elke van in die RSA kan ons amper sê: "Ons is familie van meeste Afrikaners en nog ‘n klomp Engelse, Duitsers, Hollanders, Swede, Italianers, en dies meer."

Tot 1875 kom die volgende vanne (party herhaaldelik) in ons geslagregister voor:

Adriaanse, Basson, Binneman, Boonzaaier, Brand, Broens(Bruins), Carstens, Coetzee, Van Dyk, Engelbrecht, Eigelaar, Gildenhuys, Huisamen, Koegelenberg, Kotze, Lambrechts, Lucas, Meissenheimer, Mostert, Pistor, Robinson, Scholtz, Smit, Tolken, Truter, van der Westhuizen, van Dyk, van Lill, van Schalkwyk, van Zyl, Vercuil, Vermeulen, Visagie, Visser, Voges.

Hierna word dit te veel om hier te noem.

Verspreiding vandag?

Oor die RSA versprei, van Suid na Noord en Oos na Wes. Die grootste konsentrasie is steeds in die Wes Kaap.

Dis baie interessant om mense soos oom Japie Thiart van Paarl te ontmoet. In ‘98 is hy in sy 94ste jaar in sy pragtige tuin tussen sy groente en blomme doenig tussen 7 - 10 en 3 - 6. Het jul nog vangenote wat so oud en so aktief en helder is? Laat weet asb. want ek wil gaan kuier. Begin solank neerskryf wat hul onthou - - ek kom dalk te laat!!!!

Tans in Europa

Navorsing oor voorgeslagte in Europa is maar moelik aangesien baie rekords vernietig is in die wêreld oorloë. Daar is vandag sowat 47 lewendeThiard families in Frankryk, 28 in Duitsland en 'n paar in België, Kanada en Amerika. 'n Groep Thiard's het ook in die middel 1700's in die Ivoorkus gevestig tesame met aangetroude Grognot's, Cosme's en Poulains.

'n Hedendaagse skool in Frankryk is vernoem na Pontus de Thiard, 'n 16de eeuse digter, wie deel was van die groep La Pleiade.

Brokkies inligting van Thiard's rondom die 15-16 eeu bestaan wel, maar ek kon nog nie daarin slaag om direkte verbintenisse te maak met ons eie stamvader nie. Hierdie navorsing duur voort.

4

Geslagregister: M.J. THEART

a1 Hendrik TISCHAAR, * ±__.__.1732 »a In Kaap aangekom as Hendrik Tischaar in 1752, soldaat in diens van die V.O.C.. In al die dokumente van die V.O.C. is hy Tischaar. By sy vrou se doop is hy Hendrik Teaars. x NGK Kaapstad, KP 15.01.1764, Regina Elizabeth VAN BATAVIA, * Batavia, » NGK Kaapstad, KP 25.12.1763 In doopregister van NG Kerk Kaapstad: Regina Elizbeth van Batavia; Vrygegeven van den burger Hendrik Teaars, "Op gedane belydenis gedoopt."

b4 Jacob THIARTTHEART, * ±__.__.1769, » NGK Kaapstad, KP 12.11.1769, x NGK Kaapstad, KP 04.11.1798, Johanna Catharina MOSTERT (d.v. Johannes MOSTERT & Alida BASSON), * Piketberg, KP 10.11.1778, » NGK Zwartland, KP 13.12.1778; xx NGK Zwartland, KP 15.10.1839, Maria Wilhelmina LIEBENBERG, * Piketberg Dist, KP 28.09.1789, » NGK Zwartland, KP 08.11.1789 (d.v. Andries Johannes LIEBENBERG en Maria Petronella CARSTENS)

c2 Johannes Christiaan THIARTTHEART, » NGK Kaapstad, KP 01.11.1801 Johanna Jacoba BOONZAAIER (d.v. David Jacobus BOONZAAIER & Johanna Jacoba BRAND), * Piketberg, KP 07.07.1803, » NGK Zwartland, KP 02.08.1803, † ±__.__.1827; xx NGK Kaapstad, KP 04.11.1827, Anna Catharina CARSTENS (d.v. Maarten Johannes CARSTENS & Elizabeth Hendrina CARSTENS), * Brakfontein, Malmesbury, KP 14.03.1809, » NGK Zwartland, KP 25.06.1809, † Rozyntjesdam, Agter Piketberg, KP 05.07.1859; xxx  NGK Hopefield, KP 21.11.1859, Maria Magdalena KOTZE (d.v. Dirk Jacobus KOTZE & Johanna Margaretha Adriana DIPPENAAR), * 14.01.1842, » NGK Zwartland, KP 13.02.1842

d7 Christiaan Johannes Petrus Boonzaaier THIARTTHEART, * Piketberg, KP 05.04.1843, » NGK Piketberg, KP 07.04.1844, x Piketberg, KP 06.10.1862, Helena Johanna Fredrika EYGELAAR (d.v. Coenraad Frederik EYGELAAR & Helena Catharina Johanna BRAND), * 26.02.1847, » NGK Piketberg, KP 19.09.1847

e8 Christiaan Johannes Petrus (Sellie) THIARTTHEART, * Piketberg Dist, KP 31.03.1879, » Rietvallei, NGK Piketberg, KP 31.08.1879, † 06.07.1933, W Drieheuwel, Piketberg, KP; x Piketberg, KP 04.04.1899, Elizabeth Margaretha Johanna SMIT (d.v. Floris Albertus SMIT & Catharina Hendrika Johanna Fredrika BRAND), * Piketberg Dist, KP 18.11.1879, » NGK Piketberg, KP 19.01.1880, † 28.08.1931, W Drieheuwel, Piketberg, KP

f1 Christiaan Johannes Cronje THEART, * Piketberg Dist, KP 13.04.1900, » Rietvlei, NGK Piketberg, KP 24.10.1900, † Piketberg, KP 15.12.1986, W Piketberg, KP, x Piketberg, KP 02.01.1922, Catharina Maria Johanna (Tooitje) GILDENHUYS (d.v. Dirk Johannes Christoffel (Door) GILDENHUIS & Maria Joachemina (Mietjie) SMIT), * Achtervlei, Die Berg, Piketberg, KP 10.07.1905, » NGK Piketberg, KP 10.07.1905, † Piketberg, KP 22.12.1987

g6 Marthinus Johagim (Thinus) THEART, * Tweefontein, Die Berg, Piketberg, KP 11.06.1935, » NGK Piketberg, KP; x Meth.Church, Pretoria, Tvl 02.03.1957, Olga Vida VICTOR (d.v. Nicolas David VICTOR & Stella Drusilla PIO), * Port Elizabeth, KP 10.08.1939, » Port Elizabeth, KP, † Kimberley, KP 23.12.1986, W Heatherdale, Pretoria Noord, Tvl; xx Pretoria, Tvl 18.07.1987, Hannelie FOURIE (d.v. Louis Jacobus FOURIE & Susanna Rosina BARTON), * Pretoria, Tvl 15.09.1952, » Pretoria, Tvl

h1 Olga Maria THEART, * Pretoria, Tvl 24.12.1957, » NGK Bosmanstr., Pretoria, Tvl 02.03.1958 x NGK Wonderboom Suid, Pretoria, Tvl 13.12.1980, Johannes Petrus Smit (Pierre) ENGELBRECHT (s.v. Marthinus Stephanus ENGELBRECHT & Susanna Roelfvina VILJOEN), * Standerton, Tvl 29.03.1959

[i1] Johannes Petrus (JP) ENGELBRECHT , * Evander, Tvl 11.12.1984.

[i2] Marthinus Christiaan (MC) ENGELBRECHT, * Evander, Tvl 10.11.1986

 

5

[i3] Caren-Jenny ENGELBRECHT, * Evander, Tvl 16.04.1989

h2 Sylvia Louise THEART, * Pretoria, Tvl 16.08.1960, » NGK Bosmanstr., Pretoria, Tvl 06.11.1960 x NGK Wonderboom Suid, Pretoria, Tvl 28.04.1984, Andries Gerhardus THERON (s.v. Paul Philippus THERON & Elsie Sophia SMIT), * Wonderboom Suid, Pretoria, Tvl 25.09.1954, » NGK Wonderboom Suid, Pretoria, Tvl.

[i1] Andre THERON, * Pretoria, Tvl 26.05.1987, † Pretoria, Tvl 27.05.1987, W Heatherdale, Pretoria Noord, Tvl

[i2] Olga Louise THERON, * Pretoria, Tvl 16.05.1988, » NGK Wonderboom Suid, Pretoria.

[i3] Elsie Andrika THERON, *Pretoria, Tvl 16.10.1990, » NGK WonderboomSuid, Pretoria.

h3 André Petrus THEART, * Pretoria, Tvl 30.04.1962, » NGK Silverton, Pretoria, 20.05.1962; x NGK Wonderboom Suid, Pretoria, Tvl 24.12.1983, Suselna Magdalena LOURENS (d.v. Albertus Hendrik (Bertie) LOURENS & Johanna Jacomina (Henna) POTGIETER), * Kimberley, KP 29.12.1959, » NGK Kimberley Noord, KP 06.03.1960

i1 Marnus Hendrik THEART, * Pretoria, 16.03.1988, » NGK Wonderboom Suid, Pretoria.

i2 Rensu Petrus THEART, * Pretoria, 22.02.1991, » NGK Wonderboom Suid, Pretoria.

h4 Wilma Estelle THEART, * Groothoek Sendinghospitaal, Zebediela, Tvl 28.06.1964, » NGK, Renosterpoort, Pietersburg, Tvl 06.09.1964 (Beroep: Koste Analitikus) x NGK Magalieskruin, Pretoria, 17.02.1996, Johannes Hendrik ENGELBRECHT (s.v. Henry ENGELBRECHT & Anna Catharina SNYMAN), * Pretoria, 01.02.1969.

 

 

 

VERKLARINGS

Simbool: Verklaring:

a1 Stamvader nommer 1 (eerste geslag in S.A.)

b5 Tweede geslag kind nommer 5 (a1b5)

c3 Derde geslag kind nommer 3 (a1b5c3)

[d2] Vroulike Thiart/Theart se nageslag (bv b5c3[d2])

* Gebore (plek en datum)

» / = Gedoop (plek en datum)

+ Oorlede (plek en datum)

W Begrawe (plek en datum)

x Eerste huwelik (plek, datum, persoon)

xx Tweede huwelik ( " " " )

xxx Derde huwelik ( " " " ), ens

÷ Geskei

< Voor die datum, bv. <_._.1854 of <15.4.1875

> Na die datum, bv. >_._.1812 of >20.12.1801

± Ongeveer (bv. ±__.__.1790

 6

 

AFKORTINGS

a. aankoms OVS Oranje Vrystaat

bv. byvoorbeeld SAGR Die boeke: "Suid-Afrikaanse

ca. circa (ongeveer) Geslagregisters"

dg. dogter sn. seun

dist. Distrik s.v. seun van

Dr. Dokter/Doktor t.o.v. ten opsigte van

ds. dominee Tvl Transvaal

d.v. dogter van v.d. van die

geb. gebore vgl. vergelyk

HOIK Hollands Oos-Indiese Kompanjie VOC Verenigde Oos-Indiese

jd. jongedogter Companje

jm. jongman v.v. vrou van

jr. jaar wed. weduwee

KP Kaapprovinsie Wed.v. Weduwee van

m.v. Moeder van wew. wewenaar

NGK Ned. Geref. Kerk

 

Interessanthede

Wanneer mens in Engels jou voorgeslagte verder as jou oupa wil beskryf, Moet die voorvoegsel "great" gebruik word. Die alternatief is die Latynse vorm, bv.

grandfather -avus

great-grandfather -proavus

great-great grandfather -abavus

great-great-great grandfather -attavus

In Afrikaans kan ons die Nederlanders se voorbeeld volg om ons voorgeslagte te beskryf:

Grootvader - oupa

Oorgrootvader - oupagrootjie

Betoorgrootvader - oupagrootjie se vader

Oudvader - oupagrootjie se oupa

Oudgrootvader - oupagrootjie se oupagrootjie

Oudoorgrootvader - oupagrootjie se oupagrootjie se vader

Oudbetoorgrootvader - oupagrootjie se oupagrootjie se oupa

Die woord "oud" in bogenoemde beteken "vorige". Jou pa of ma se oom is jou oudoom en jou pa en ma se tante is jou oudtante.

Die mense wat vandag nie eens oom of tante genoem wil wees nie, sal seker jou nek omdraai as jy dit durf waag om nog die "oud" ook by te voeg. Dan is daar die oumas wat wil hê hul kleinkinders moet hul ma noem i.p.v. ouma!

 

7

 

 

VERMISTE MENSE?

Wanneer ek soek na sekere persone se nageslag, oorval die moedeloosheid my soms. Die Liedjie "Vermiste mense" van Koos du Plessis troos my effens:

"Jou naam kom nooit na vore,

Nie in grou geregskantore,

Nie in lêers oor verhore

Jou diepste, verste spore

loop ook dood.

Ek kan dit nie verduur nie,

Daar’s geen saak en geen dossier nie,

Nie ‘n deur wat nog skarnier nie

En die wete jy’s nie hier nie

Word soos lood.

Ek bly op soek na lang vermiste mense,

Maar almal bly my oninhaalbaar voor,

Die jare skif tot newels voor die lense

En die hart verloor maar mettertyd

die spoor."

Dan net die volgende dag maak ek kontak met iemand waat weer die sleutel gee tot van hierdie "oninhaallbares" en ek glimlag weer breed.

Elke so ‘n kontak word ‘n pragtige skakel met die verlede. Wees asb. so ‘n kontak en stuur julle sleutels.

 

Baie dankie.


 

The information contained in this website is produced in good faith and may contain errors or omissions.

 
  Site Map